Sunday, April 17, 2011

Arné word sestien

Arné se verjaardagpartytjie se tema was "Twilight". Haar ma het soveel moeite gedoen met die hulp van haar vriendin, Douwlien. Ek weet nie veel van die Twilight flieks nie, maar my gunsteling by die partytjie was die tande in die klein glasies met rooi jellie. Dan was daar ook die dogtertjie wat 'n heildronk wou instel met haar glasie jellie!

































Wednesday, April 13, 2011

Zinnia

So rukkie gelede het Zinnia se ma my gevra om gou 'n foto of twee van haar te neem, maar sy is so oulik ek kon nie ophou nie.  Haar boetie, Alexander, was nie saam nie omdat hy bietjie olik was. Sy was pas 'n jaar oud en goed oppad om te begin loop en ons moes keer dat sy nie alles eet wat sy sien nie. Die foto's is in die Botaniese Tuin in Potchefstroom geneem















Monday, April 11, 2011

Tineke & Natasha

Tineke is my broer se dogter en ek het haar omtrent 2 jaar gelede laas gesien en het sy groot geword! Die fotosessie sou buite in die veld gewees het, maar die weer het nie saamgespeel nie. Tineke is die blondekop en Nanna (haar vriendin) die donkerkop