Tuesday, November 22, 2011

'n Seuntjie . . .

Ek was deel van Chris en Marli se ooievaarstee verlede Saterdag en wat 'n spesiale geleentheid was dit nie - mans en kinders het almal saam gekuier! Dit sal die familie se eerste kleinseun wees. Weet nie hoe gaan hy voel tussen die sussies en niggies oor 'n jaar of wat nie. Marli se ma, haar twee dogters en twee niggies het 'n spesiale vertoning gehad en het Saidi (ongeveer 20 maande oud) dit geniet!