Wednesday, June 29, 2011

Ouma Bettie se Fees

Ouma Bettie het onlangs 85 jaar oud geword en die kinders het vir haar 'n spesiale fees gereĆ«l. Haar dogter het die blomme gedoen (dit was pragtig) en hulle het self die tafels ook gedek. Die geleentheid is gevier by Kleinbos, 'n pragtige venue binne in 'n bos op die oewer van die Mooirivier in Potchefstroom













Die kleinkinders was die kelners wat ek gedink het nogal baie oulik was


Al die kleinkinders het ook 'n spesiale liedjie vir ouma Bettie gesing


En dan was daar Stephan wat 'n opvoering van Rooikappie en die 3 varkies gedoen het


Hier is al die kinders, kleinkinders of agterkleinkinders, weet nie presies nie, by ouma Bettie se fees. Dit was die soetste kinders wat ek nog by 'n funksie gesien het!




Wednesday, June 15, 2011

The Sixties

Hanna het onlangs haar 60ste verjaardag gevier en op watter beter wyse as met 'n Sixties tema. Ek het Hanna nie herken nie, nie met die hare, grimering (as jy daarvan hou, mens kan dit by Dis-Chem aanskaf) en die vals wimpers nie! Die tafels was gedek met ballonne, Coke in glasbotteltjies, kougom en suigstokkies. Hanna, hoop dis 'n wonderlike jaar vir jou.




Tannie Fienie, 'n goeie vriendin, is 92 jaar oud en bestuur nog self haar eie motor (bo)




Hana en haar drie seuns (bo)


Minette (heel regs) het haar ma se matriekafskeidrok van jare gelede aangehad en haar ma (in die donkergroen rok) het 'n rok gedra wat haar ma op weer op haar troue gedra het




Hanna se vriendin toe sy haar die eerste keer sien (bo)
















Thursday, June 2, 2011

Kitchen Elite

Ek het verlede week een oggend saam Herman van Kitchen Elite in Kroonstad deurgebring om foto's te neem vir hulle webtuise. Dit was 'n besonderse ervaring. Kontak Herman gerus by 082 951 1748