Wednesday, September 1, 2010

Elaine se kombuistee

Elaine se kombuistee is verlede Saterdag by Feather Hill Spa buite Potchefstroom gehou. Die tafels was pragtig gedek.

Elaine se verloofde, Dirk, het kom inloer

Vrolike familie en vriende was daar . . .

Hulle het bingo gespeel . . .
Na die tyd het almal boodskappe op haar voorskoot geskryf
En seker die oulikste van die hele dag was klein Semine se skepping

No comments:

Post a Comment